Il’Capitaine
Kinders op die dek van die ‘karnaal’boot soos Ankia dit noem.
Tweede aand se vasmeerplek tussen erens en nerens
By ‘n klein dorpie, Valence d’Agen se lavoire (washuis)
Valence d’Agen se mark prinses
Auvillar se middeleeuse markplek
en die hele dorpie blom...
Hoe ry ons bootjie sit-sit so – met ‘n erewag van plantane al die pad (of eerder kanaal)
Moissac se hawe is tjok-en-blok
Maar Il’Capitaine kan bote parallel pakeer in baie klein spasies!
Die klooster by Moissac is meer as ‘n duisend jaar oud en ongelooflik mooi
Elke pilaar vertel ‘n Bybelse verhaal in klip
Op ons boot Laberoudie
Aan die einde van ons reis, ry ons oor Agen se 500 m lange kanaalburg
En in Frankryk ontdek Ankia, maar brood en konfyt is eintlik lekker, of is dit “baguette et fraise confiture”?
No comments:
Post a Comment